UP Library Web WWW            
English |  Afrikaans  
Department of Library Services
Library Home About the Library Libraries / Units / Collections E-Resources Journals Catalogue Contact
   
 
Special Collections
Home
News
About Us
Contact Us
Collections
UP Publications Bibliography
Useful Links
Book of the month
Service Hours
Policies
Request ISB number
How to access electronic yearbooks
Special Collections Brochure
 
 
Roofvoëls 'n identifiseringsgids vir Suider-Afrika © 2002 / Ulrich Oberprieler en Burger Cillié
 
 
 

Roofvoëls  - 'n identifiseringsgids vir Suider-Afrika

Die adellike, indrukwekkende en soms wrede voorkoms van roofvoëls dwing nie net die meeste mense se bewondering af nie, maar maak hulle ook die gesogste groep onder voëlgeesdriftiges.  Ongelukkig kan dit egter baie moeilik wees om roofvoëls te identifiseer.  Die feit dat kleurvariasies binne 'n spesie voorkom, en jong en volwasse voëls baie verskil, maak dat mens hulle nie bloot volgens kleur reg kan identifiseer nie.

 Ongelukkig kan dit egter baie moeilik wees om roofvoëls te identifiser.  Die feit dat kleurvariasies binne 'n spesie voorkom, en jong en volwasse voëls baie verskil, maak dat mens hulle nie bloot volgens kleur reg kan identifiseer nie.

Jare se ervaring in identifiseringstegnieke het aan die skrywers bewys dat die maklikste manier om 'n roofvoëel te identifiseer, is om eers die groep waartoe die voël behoort, te bepaal.  Sodra 'n sekere roofvoël in een van die 11 roofvoëlgroepe geplaas kan word, kan hy in 'n japtrap van ander roofvoëls onderskei word.

In 'n unieke afdeling in dié boek word spesies wat met mekaar verwar kan word, vergelyk en die verskille uitgewys.

Roofvoëls - 'n identifiseringsgids vir Suider-Afrika het 'n uitsonderlik gebruikersvriendelike stelsel van kleurkodes en kruisverwysings wat die gebruiker in staat stel om vinnig by die verlangde plek in die boek uit te kom.  Die 12 bladsye vol vliegpatrone maak dit ook moontlik om roofvoëls in vlug met mekaar te vergelyk.

Die skrywers:

Ulrich Oberprieler is die afgelope 20 jaar al by omgewingsopvoeding betrokke en het veral bekend geword vir die uitstekende kursusse oor natuurverwante onderwerpe wat hy aanbied. Hy is 'n geesdriftige natuurlewefotograaf, en in hierdie stadium adjunkdirekteur van die Nasionale Dieretuin in Pretoria. Hy en Burger Cillié is ook die skrywers van die Sakgids tot Suider-Afrikaanse Voëls en Suider-Afrikaanse Tuinvoëls

Burger Cillié se liefde vir die natuur en natuurlewefotografie het hom aangespoor om 'n aantal diere- en voëlgidsboeke die lig te laat sien. Benewens die voëlboeke wat hy saam met Ulrich Oberprieler geskryf het, is hy ook die outeur van 'n Veldgids tot die Soogdiere van Suider-Afrika, Sakgids tot Suider-Afrikaanse soogdiere en Die Soogdiergids van Suider-Afrika

 

 

 

 

 

   
 
SekretarisvoŽl - volwassene  
 
Berghaan - wyfie en mannetjie - volwassenes    
 
Bron: RoofvoŽls - 'n identifiseringsgids vir Suider-Afrika / Ulrich Oberprieler en Burger Cilliť
 
 
Search
Quick Links
My Library Space
 
Print Page     |    Copyright © University of Pretoria 2008. All rights reserved